Kaapse Draai

STEVE HOFMEYR

Daar's geen wyer draai as 'n Kaapse draai
Dis die lang pad om en dis swaar gelaai
Dit help 'n hart wat skielik wil vergeet

Daar's geen wyer draai as die Kaapse draai
In die sterk wind van die witbos kraai
Tot Tafelberg jou van my laat vergeet

Aai aai die witbos kraai hiervandaan na Mosselbaai maar
Maak jy jou oë toe as ons soen?
Of loer jy oor my skouer
Na iemand 'n bietjie ouer as wat ek is?

Maak jy jou oë toe as ons soen?
Of dwaal jy weg oor paaie
Maak jou hart weer draaie in die Kaap?

Daar's geen wyer draai as 'n Kaapse draai
Dis die groot suid-oos wat jou hart weg waai
Ons liefde hang aan die kabelkar se spoor

Daars geen wyer draai as 'n Kaapse draai
Dis die beste plek om jou af te laai
As jy my uit jou arms wil verloor

Aai aai die witbos kraai hiervandaan na Mosselbaai maar
Maak jy jou oë toe as ons soen?
Of loer jy oor my skouer
Na iemand 'n bietjie ouer as wat ek is?

Maak jy jou oë toe as ons soen?
Of dwaal jy weg oor paaie
Maak jou hart weer draaie in die Kaap?

Aai aai die witbos kraai hiervandaan na Mosselbaai

Maak jy jou oë toe as ons soen?
Of loer jy oor my skouer
Na iemand 'n bietjie ouer as wat ek is?

Maak jy jou oë toe as ons soen?
Of dwaal jy weg oor paaie
Maak jou hart weer draaie in die Kaap?

Maak jy jou oë toe as ons soen?
Of loer jy oor my skouer
Na iemand 'n bietjie ouer as wat ek is?

Maak jy jou oë toe as ons soen?
Of dwaal jy weg oor paaie
Maak jou hart weer draaie in die Kaap?

Curiosidades sobre a música Kaapse Draai de Nádine

De quem é a composição da música “Kaapse Draai” de Nádine?
A música “Kaapse Draai” de Nádine foi composta por STEVE HOFMEYR.

Músicas mais populares de Nádine

Outros artistas de Pop rock