Deur 'N Vuur Vir Jou

Jy’t aan my beloof jy is altyd daar vir my
Deur al die jare heen
En nou vang ek vir jou die reën

‘n Toekoms saamgebou en jy het jou woord gehou
Ek gaan haal die wind
Want ek is mos jou lentekind

Daar is niemand niemand niemand beter as jy
Jy was altyd die ene die ene die ene vir my

Ek stap deur ‘n vuur breek deur ‘n muur
Vir jou
Alles wat ek is alles wat ek het
Gee ek nou aan jou

Ek stap deur ‘n vuur breek deur ‘n muur
Vir jou
Alles wat jy is dit is wat ek mis
Ek behoort aan jou
Soos wat ek altyd wou

As die druppels val en die skemer daal vanaand
Sê jy dis ‘n seën
Want ek’s jou somer in die reën

In die donkernag bly jy elke uur by my
Tot die more gloed
Jou en my deur strale groet

Daar is niemand niemand niemand beter as jy
Jy was altyd die ene die ene die ene vir my

Ek stap deur ‘n vuur breek deur ‘n muur
Vir jou
Alles wat ek is alles wat ek het
Gee ek nou aan jou

Ek stap deur ‘n vuur breek deur ‘n muur
Vir jou
Alles wat jy is dit is wat ek mis
Ek behoort aan jou

Ek stap deur ‘n vuur breek deur ‘n muur
Vir jou
Alles wat ek is alles wat ek het
Gee ek nou aan jou

Ek stap deur ‘n vuur breek deur ‘n muur
Vir jou
Alles wat jy is dit is wat ek mis
Ek behoort aan jou
Soos wat ek altyd wou
Soos wat ek altyd wou

Curiosidades sobre a música Deur 'N Vuur Vir Jou de Nádine

Quando a música “Deur 'N Vuur Vir Jou” foi lançada por Nádine?
A música Deur 'N Vuur Vir Jou foi lançada em 2011, no álbum “Eindeloos”.

Músicas mais populares de Nádine

Outros artistas de Pop rock