As Jy Wonder
Nes in ‘n kinderstorie
Die oudste feëverhaal
Dink jy dat ek ‘n prinses is
Wat in ‘n waas ronddwaal?
Selfs in die mooiste sprokie
Is daar soms ‘n draak
‘n Appeltjie vir Sneeuwitjie
Die glas het reeds gekraak
So as jy wonder hoe ek onder al die kolligte bly swewe?
En as jy wonder of ek sonder al die aandag kan bly lewe?
Moet ek jou sê dat jy vergeet het ek is eintlik net soos jy
My eie storie van lief en glorie moet ek nog skryf
As jy die beste skrywer
Van ‘n sprokie kon wees
En ek jou hoog karakter
Sal jy my gedagtes lees?
Nes ek in jou glasbal
Om en om sou draai
En jy vir my een wens kon gee
Sou jy die antwoord raai?