Hier

Hier is dit kul en grys dit reën
Hierdie plaas is koud en stil
En ons huis is hel alleen

O hier het die donker jou kom haal
Het jy die hoogte prys betaal
En dit voel so anders hier

Jy was ons sonskyn so geliefd
En jy was almal hier se vriend
‘n Duisend sterre in jou oë
‘n Pa wat soos ‘n kind kon glo

Jy was vir ons ‘n rots ‘n seën
Maar jy was net vir ons geleen
Jy was die man wat ek wou wees
Daar’s nog soveel wat ek wou leer

Ek mis jou so
Wens ek kon jou kom haal
En jou vir ewig by my hou
Maar jy is lankal nie meer hier

Hier waar dit staan het jy geleef
Is ons lief en lag en leed
Met jou bloed en sweet verweef

O hier was jou langste lewens stryd
Was die einde van jou tyd
En dit voel nou anders hier

Jy was ons sonskyn so geliefd
En jy was almal hier se vriend
‘n Duisend sterre in jou oë
‘n Pa wat soos ‘n kind kon glo

Jy was vir ons ‘n rots ‘n seën
Maar jy was net vir ons geleen
Jy was die man wat ek wou wees
Daar’s nog soveel wat ek wou leer

Ek mis jou so
Wens ek kon jou kom haal
En jou vir ewig by my hou
Maar jy is lankal nie meer hier
En jou vir ewig by my hou
Maar jy is lankal nie meer hier

Curiosidades sobre a música Hier de Manie Jackson

Quando a música “Hier” foi lançada por Manie Jackson?
A música Hier foi lançada em 2014, no álbum “Onthou My”.

Músicas mais populares de Manie Jackson

Outros artistas de Schlager music