Ware Liefde

As die weerligstrale
Oor die golwe dans
En die swart van die nag ophelder tot middernag blou
Dan verbrokkel ‘n ieder en laaste skans
Wat ek opbou
Teen die verlange na jou

Wanneer stadsgeluide die blou lug in styg
En voetgangers
Hulle weg deur strate baan
Dan is hartseer stom
Die verlange maak my stil
Want ek weet nou
Sonder jou sal ek ophou bestaan

Al is ek alleen
Is my drome aan jou weggeleen
Vir jou sal ek wag deur die ryp van ‘n winterseisoen
Want vir my is dit ware liefde wat ewig waar sal bly

Al is ek alleen
Is my drome aan jou weggeleen
Vir jou sal ek wag deur die ryp van ‘n winterseisoen
Want vir my is dit ware liefde wat ewig waar sal bly

Is dit ware liefde wat ewig waar sal bly

Curiosidades sobre a música Ware Liefde de Laurika Rauch

Quando a música “Ware Liefde” foi lançada por Laurika Rauch?
A música Ware Liefde foi lançada em 1983, no álbum “Jy is te dierbaar”.

Músicas mais populares de Laurika Rauch

Outros artistas de Schlager music