As Ek Eendag Oud Is

As ek eendag oud is en my lewe herleef
Sou ek terugdink aan tye wat aan môre vaskleef
Die minute en ure’s in ‘n oogwink verby
Elke glimlag en traan is kosbaar vir my

En as ek sou kon teruggaan wat sou ek wou hê
Wat sou ek verander, wat sou ek wou sê
Sou die wysheid my uitput of op hande kon dra
Sou ek antwoorde kry op die vrae wat ek vra

Want vandag is die môre waaroor gister bekommer, elke uur word die dromers al stommer en stommer
Die minute en ure’s in ‘n oogwink verby (Oogwink verby)
Elke glimlag en traan is kosbaar vir my

En as ek eendag oud is wil ek kan onthou, die pyn en die lyding, die liefde die nou
Die lewe se paadjies, waar hul ook mag draai
By kleuterskool maatjies, wie sou kon raai

En as dit dan ook tyd word om my kop neer te lê
Sou ek graag wou weet daar’s niks meer te sê
Sou die wysheid my uitput of op hande kon dra
Sou ek antwoorde kry op die vrae wat ek vra

Want vandag is die môre waaroor gister bekommer, elke uur word die dromers al stommer en stommer
Die minute en ure’s in ‘n oogwink verby
Elke glimlag en traan is kosbaar vir my, sou die wysheid my uitput of op hande kon dra
Sou ek antwoorde kry
Op die vrae wat ek vra

As ek eendag oud is
As ek eendag oud is
As ek eendag oud is
As ek regtig oud is

Curiosidades sobre a música As Ek Eendag Oud Is de Laurika Rauch

Em quais álbuns a música “As Ek Eendag Oud Is” foi lançada por Laurika Rauch?
Laurika Rauch lançou a música nos álbums “Hart en See” e “Wals, Wals Willemien” em 2014.

Músicas mais populares de Laurika Rauch

Outros artistas de Schlager music