Sonder Seile Teen Die Wind

Die boot wat in die see verdwaal
Die wind wat deur die branders maal sonder seile teen die wind
Skommel ons sonder om mekaar te vind

In die waters wild kan ons versink
In die donker see sal ons verdrink sonder seile teen die wind
Skommel ons sonder om mekaar te vind

Ons roep uit teen die woeste reën
Waar gaan ons in die warrel heen sonder seile teen die wind
Skommel ons sonder om mekaar te vind

Kan ons weet of sal ons raai
Hoe vind ons ooit ‘n kalm baai sonder seile teen die wind
Skommel ons sonder om mekaar te vind

Sal ons ooit die land kan haal is ons in die see verdwaal sonder seile
Skommel ons

Op die rotse lê ‘n wrak met ‘n mas twee keer geknak
Sonder seile teen die wind moes ons skommel sonder om mekaar te vind

Curiosidades sobre a música Sonder Seile Teen Die Wind de Laurika Rauch

Quando a música “Sonder Seile Teen Die Wind” foi lançada por Laurika Rauch?
A música Sonder Seile Teen Die Wind foi lançada em 1992, no álbum “Die Gang”.

Músicas mais populares de Laurika Rauch

Outros artistas de Schlager music