'n Lekker Verlang Liedjie

Los my alleen, laat my begaan
Ek soek stilte met my boek en die man in die maan
Buite in die donker sing ’n eensame kriekie
’n Lekker verlang liedjie

Ek sit die radio aan om te vlug van my vrese
Die omroeper sê
Dis u eie keuse en vir Hantie van Hopetown en André en Vicky
’n Lekker verlang liedjie

’n Lekker verlang liedjie
Streel die seerplek in my hart, in my hart ’n bietjie
Met die blou saksofoon wat krul om jou kiekie
En ’n lekker verlang liedjie

Dis Sondagoggend ek stap langs die see
Die wind waai my in by ‘n klein strandkafee
Ek sê, 'n tafel vir een en ‘n Coke met ’n rietjie
En ’n lekker verlang liedjie

’n Lekker verlang liedjie
Streel die seerplek in my hart, in my hart ’n bietjie
Met die blou saksofoon wat krul om jou kiekie
En ’n lekker verlang liedjie

Daar sit ek en peins oor geloof, hoop en liefde
Oor wat was en wat is en wat môre sal wees
Ek stap terug na my kamer, terug na my stilte
En die kriek langs die ruit en ’n boek om te lees

En ’n lekker verlang liedjie
Streel die seerplek in my hart, in my hart ’n bietjie
Met die blou saksofoon wat krul om jou kiekie
En ’n lekker verlang liedjie

’n Lekker verlang liedjie
Streel die seerplek in my hart, in my hart ’n bietjie
Met die blou saksofoon wat krul om jou kiekie
En ’n lekker verlang liedjie

En ’n lekker verlang liedjie
En ’n lekker verlang liedjie

Curiosidades sobre a música 'n Lekker Verlang Liedjie de Laurika Rauch

Quando a música “'n Lekker Verlang Liedjie” foi lançada por Laurika Rauch?
A música 'n Lekker Verlang Liedjie foi lançada em 2007, no álbum “’n Lekker Verlang Liedjie”.

Músicas mais populares de Laurika Rauch

Outros artistas de Schlager music