Lullaby Vir Suid-Afrika

Kyk hoe dat die son oor
Jakobsbaai verdwyn
Met die witgekalkte huisies
En die seemeeus in jou tuin
Kyk hoe smous die locals
In Paternoster almal kreef
En vir ’n laaste dop by die Pantie Bar
Sal jy my gou vergeef

Kyk net al die tente op Tietiesbaai se sand
Kyk hoe vlieg die helder kites oor Langebaan se strand
Kyk hoe breek die golwe oor Muizenberg se kus
Kyk hoe kook die mense op Kalkbaai almal vis

Gee vir my die Suiderkruis
Laat dit skyn oor my
Miskien as ek gaan slaap
Sal die lig by my kom bly

Skyn liewe maanlig
Skyn oor ons land
Dan sien ek in my drome weer
Die see se spierwit sand
Dan sien ek in my drome weer
Die see se spierwit sand

Kyk hoe ’n duisend zebras in die wildtuin water drink
Hoor hoe ’n donderstorm oor die bosveld-aarde klink
Kyk die stokou plaashuis in die middel van die Karoo
En die mense wat op die stoep sit wat soos kinders nog kan glo

Kyk die Jakarandas lê pers om die Brooklyn Mall
Kyk die reënboog kleurtapyt wat oor Namakwaland uitrol
Kyk die spierwit aarde in die Vrystaat se wintertyd
Kyk hoe groet daai windpomp dis die eensaamste geluid

Gee vir my die Suiderkruis
Laat dit skyn oor my
Miskien as ek gaan slaap
Sal die lig by my kom bly

Skyn liewe maanlig
Skyn oor ons land
Dan sien ek in my drome weer
Die see se spierwit sand
Dan sien ek in my drome weer
Die see se spierwit sand

Kyk hoe vat ons hande
Toe Madiba daai dag groet
Ek is lief vir hierdie wêreld
Dis my mense
Dis my bloed

Músicas mais populares de Laurika Rauch

Outros artistas de Schlager music