Kuier In Gedagtes

Baie myle hiervandaan waar die koring geel in die are staan kuier ek in gedagtes by jou
Op die groot stoep van die plaashuis waar ons dagbreek saam aanskou het, kuier ek in gedagtes by jou
Ek doen my werk in hier tuis en ek slaap saans alleen in my huis, maar ek kuier in gedagtes by jou
Dit is geen genot om dagbreek sonder jou te moet aanskou, ek kuier hier in gedagtes by jou

Dit het vinnig tyd geword dat ons uitkom bymekaar want die eensaamheid word een te veel vir my
Die huidige situasie kan enige een verwar want ons kuier in gedagtes bymekaar
Want ons kuier in gedagtes bymekaar

As die toekoms dit bepaal is hierdie die heel laaste maal dat ek kuier in gedagtes by jou
Jy het die groot vraag gevra en toe sê ek sommer ja, binne enk’le dae word ek dan jou vrou

Dit het vinnig tyd geword dat ons uitkom bymekaar want die eensaamheid word een te veel vir my
Die huidige situasie kan enige een verwar want ons kuier in gedagtes bymekaar
Want ons kuier in gedagtes bymekaar

Curiosidades sobre a música Kuier In Gedagtes de Laurika Rauch

Quando a música “Kuier In Gedagtes” foi lançada por Laurika Rauch?
A música Kuier In Gedagtes foi lançada em 1983, no álbum “Jy is te dierbaar”.

Músicas mais populares de Laurika Rauch

Outros artistas de Schlager music