Kelkiewyn

As ek van heel vooraf aan weer
Jou lief kon leer hê
Dan sou ek weer alles net so
Van vooraf wou hê

Maar noudat die seer in my oë
Tot heimwee vervaag het
Noudat die hartseer verdwyn het
Verlang ek na jou

Kelkiewyn, kelkie, kelkiewyn, vlieg saam met die wind na waar die son verdwyn
Dan nog een keer kelkie, kelkiewyn van die verlange in my hart, die hartseer en die pyn
Die verlange in my hart, die hartseer en die pyn

Maar nou sit ek onder die maan
Gesels ek met jou
Laat my toe om my hart uit te praat
Mooiste kelkiewyn

As ek van heel voor af aan weer
Hom lief kon hê
Dan sou ek weer alles net so
Van vooraf wou hê

Kelkiewyn, kelkie, kelkiewyn, vlieg saam met die wind na waar die son verdwyn
Dan nog een keer kelkie, kelkiewyn van die verlange in my hart, die hartseer en die pyn
Die verlange in my hart, die hartseer en die pyn

Kelkiewyn, kelkie, kelkiewyn, vlieg saam met die wind na waar die son verdwyn
Dan nog een keer kelkie, kelkiewyn van die verlange in my hart, die hartseer en die pyn
Die verlange in my hart, die hartseer en die pyn

Músicas mais populares de Laurika Rauch

Outros artistas de Schlager music