Ek Wou Jou Laat Lag

Ek het jou opgemerk, verwoed was jou dwaal deur die paaie
En in jou stap was daar ‘n groet op jou wange die trane
En in jou oë was daar die hopeloosheid wat kom inkruip het toe jy jou hart toesluit, ek was daar
Ek was daar

Ek wou jou laat lag, ek wou vir jou teruggee die lig in jou oë, die hoop om te glo
Ek wou jou laat lag, ek wou jou laat sien wat jy verdien
Ja, ek wou jou laat lag, ek wou aan jou raak, ek wou deur my note met jou praat
Ek wou jou laat lag, ek wou jou laat sien
Ek wou

En toe die ysberg om jou smelt was daar sagte wit strome
En dit het uitgevloei na my, soos na woude en bome
Jy’t agterna gekom, jy wou sien hoe ek lyk, jy’t my vasgehou of jy nou eers begryp, ek was daar
Ek was daar

Ek wou jou laat lag, ek wou vir jou teruggee die lig in jou oë, die hoop om te glo
Ek wou jou laat lag, ek wou jou laat sien wat jy verdien
Ja, ek wou jou laat lag, ek wou aan jou raak, ek wou deur my note met jou praat
Ek wou jou laat lag, ek wou jou laat sien
Ek wou

Ek wou jou laat lag, ek wou vir jou teruggee die lig in jou oë, die hoop om te glo
Ek wou jou laat lag, ek wou jou laat sien wat jy verdien
Ja, ek wou jou laat lag, ek wou aan jou raak, ek wou deur my note met jou praat
Ek wou jou laat lag, ek wou jou laat sien
Ek wou

Músicas mais populares de Laurika Rauch

Outros artistas de Schlager music