Die Liefde Is 'n Wonderlike Ding

In ons lewens verskyn daar van tyd tot tyd dinge
Soos donkies en diewe
En narre en besems
En die liefde

My oom is nie seker van die diewe nie
Maar hy weet die donkie kom van Nieu-Bethesda af
My tannie sê die liefde, die liefde kom van die Here af

Hulle wys vir my die kruis op die esel se skouers en op sy rug
Hulle sê hulle dink dit staan so, dit staan so in die Skrif
En die skare in Jerusalem sing en skreeu hoera
En my oom sê kyk
Die donkie het die Here ingedra

Maar hoe weet hy of hy kom of gaan
Met sulke groot oogklappe aan
En waarheen is hy nou oppad
Weet net hy kom van Nieu-Bethesda af
Weet net hy kom van Nieu-Bethesda af

Die liefde laat ons lag
Die liefde laat ons sing
My oom sing van die donkie, dis ’n wonderlike ding
Maar ek, ek moet tog versigtig wees sê hy dat dit my nie seer maak nie
Ek sê ek,ek weet nie of hy oor die liefde of oor die donkie praat nie

My tannie kyk eers boontoe en daarna kyk sy af
Kyk, van ’n donkie kan jy altyd ’n skop of twee verwag
En die donkie dra wel oogklappe maar die liefde nie
Verder is daar nie eintlik ’n verskil nie

My oom gryp ’n besem en ’n donker bril en daar vlak voor ons oë op die kombuisvloer
Dans hy die dans van ’n donkie wat oor die heining loer
My tannie sing, o die donkie
O die donkie is ’n wonderlike ding
Veral hy wat kan dans
Veral hy wat kan sing

Maar hoe weet hy of hy kom of gaan
Met sulke groot oogklappe aan
En waarheen is hy nou oppad
Weet net hy kom van Nieu-Bethesda af
Weet net hy kom van Nieu-Bethesda af

Hulle boer nog daar op Dwarsbult, ver in die ou Karoo
En my tannie
My tannie dra nog steeds daardie bril met ’n onder en ’n bo
My oom sing nie meer so veel soos vantevore nie
Hy’t ook lanklaas gedans
Daar’s glo iets fout met sy knie

Ja, wel, ek hoop ek het nou alles gedek, dis nou die donkie en die diewe
En Jerusalem en die besem en die sirkus en die donker bril en die hanswors
O ja, natuurlik ook die liefde
Soos ek genoem het, is ons nie seker hoe die diewe dinge reël nie
Want tot dusver het niemand nog my hart gesteel nie

Wat die liefde betref
As ek van die sirkuslewe hou kan ek mos altyd met ’n hanswors of met ’n
Met 'n donkie trou
In elk geval
Dit is dan die storie van my oom en my tannie
En al die ander mense wat wil dans maar nie kan nie

Curiosidades sobre a música Die Liefde Is 'n Wonderlike Ding de Laurika Rauch

Quando a música “Die Liefde Is 'n Wonderlike Ding” foi lançada por Laurika Rauch?
A música Die Liefde Is 'n Wonderlike Ding foi lançada em 2011, no álbum “sing die liedjies uit: Stuur Groete aan Mannetjies Roux”.

Músicas mais populares de Laurika Rauch

Outros artistas de Schlager music