Die Goue Uur [Duet]
Daar’s bloed op my tong
Maar ek swem nog altyd stroom-op
Hoor jou hart in die donker
Die soen is tog oopmond
Okay, los die verwysings
Dis ek en dis jy
Maar alles is anders
Ons altwee verdwyn
‘n Brug staan nou hier, ‘n pad deur die wolke, die straatligte flikker, die stene is longe
Ons sing sonder klank, die ruimte vibreer, die oomblik word tydloos, dis nou, dit gebeur
Ek’s die goue uur
‘n Skadu wat dryf in die kollig
Musiek in figuur
Ek’s die goue uur
‘n Skadu wat dryf in die kollig
Musiek in figuur
Ek staan op die strand
Onverantwoordelik
Wild soos die land
Onbetroubaar soos woorde
Ek gaan haal uit die storm
En bring dit vir jou
Die beelde wat vorm
Ontembaar en rou
Hulle gloei in jou hande en brand in jou oë en vloei deur jou are in ‘n vreemde patroon
En hier’s die vertaling deur vlammende pen, klankgolfopenbaring die boodskapperstem
Ek’s die goue uur
‘n Skadu wat dryf in die kollig
Musiek in figuur
Ek’s die goue uur
‘n Skadu wat dryf in die kollig
Musiek in figuur
Ek’s die goue uur
‘n Skadu wat dryf in die kollig
Musiek in figuur
Ek’s die goue uur
‘n Skadu wat dryf in die kollig
Musiek in figuur