Brood

Vanoggend toe ek opstaan het die radio gesê
Dat die prys van brood moet laag bly
Die wêreld moet kos hê
Een glas wyn saam met vriende kan die hart sy vreugde bied
Maar daar’s min wat ‘n mens so goed verstaan soos ‘n hartseer liefdeslied

En ek sien jou sit daar by die straatkafee net jy alleen
'n Kelner gee sy glimlag maar die wolke bring weer reën
‘n Stad vol mense om jou wat haastig heen beweeg
Maar vir jou het die wêreld stil gaan staan, jou hart is koud en leeg

Ek gee vir jou ‘n brood as jy honger na my kyk
Ek gee vir jou my hand as jy ‘n bietjie eensaam lyk
Ek gee vir jou ‘n smile as daar ‘n traan oor jou wange loop
En ek gee vir jou my woorde, dis my daaglikse brood

Vanoggend toe ek opstaan het die radio voorspel
Dat die tyd op aarde min raak
Jy moet jou ma-hulle bel
Om te lag is medisyne wat die hart sy voedsel bied
Maar daar’s min op hierdie aarde soos ‘n goeie liefdeslied

Ek gee vir jou ‘n brood as jy honger na my kyk
Ek gee vir jou my hand as jy ‘n bietjie eensaam lyk
Ek gee vir jou ‘n smile as daar ‘n traan oor jou wange loop
En ek gee vir jou my woorde, dis my daaglikse brood

En ek sien jou stap daar tussen die duiwe in die stad
Alleen met jou gedagtes en jou hart in jou hemp se sak
Dit lyk soos in ‘n movie net die musiek wat eintlik kort
Maar hier is vir jou my woorde, dis my daaglikse brood

Ek gee vir jou ‘n brood as jy honger na my kyk
Ek gee vir jou my hand as jy ‘n bietjie eensaam lyk
Ek gee vir jou ‘n smile as daar ‘n traan oor jou wange loop
En ek gee vir jou my woorde, dis my daaglikse brood

Ek gee vir jou ‘n brood as jy honger na my kyk
Ek gee vir jou my hand as jy ‘n bietjie eensaam lyk
Ek gee vir jou ‘n smile as daar ‘n traan oor jou wange loop
En ek gee vir jou my woorde, dis my daaglikse brood

En ek gee vir jou my woorde, dis my daaglikse brood

Músicas mais populares de Laurika Rauch

Outros artistas de Schlager music