Vergeet Om My Te Vergeet [Live]
Die winteraand is om my
Voor die kaggelvuur se kole
Buite tjank die winde
Soos die wolwe in die berge
Teen die horkies klap die venster
En herhinder my
Aan die klop van jou knekel aan my deur
Maar ek weet ook dat jy vêr is
En dat ek my doodverlang na jou
Vergeet om my te vergeet
Onthou om te onthou
En weet dat jy altyd weet
Ek’s lief vir jou
Vergeet om my te vergeet
Onthou om te onthou om my te onthou
Vergeet om my te vergeet
Onthou om te onthou om my te onthou
Later word ek wakker
Van die koekoeklok se deurtjie
Dis laataand in die voorhuis
En die middernag kom nader
Teen die horkies klap die venster
En herhinder my
Aan die klop van jou knekel aan my deur
Maar ek weet ook dat jy vêr is
Dat ek my doodverlang na jou
Vergeet om my te vergeet
Onthou om te onthou
En weet dat jy altyd weet
Ek’s lief vir jou
Vergeet om my te vergeet
Onthou om te onthou om my te onthou
Vergeet om my te vergeet
Onthou om te onthou om my te onthou
Vergeet om my te vergeet
Onthou om te onthou
En weet dat jy altyd weet
Ek’s lief vir jou
Vergeet om my te vergeet
Onthou om te onthou om my te onthou
Vergeet om my te vergeet
Onthou om te onthou om my te onthou
Vergeet om my te vergeet
Onthou om te onthou om my te onthou