Dis Tyd
Ek weet waar om weg te kruip
Hoe om die mure om my te bou
Ek weet hoe om hierdie wrede wêreld aan die ander kant te hou
Te lank hier rond gedwaal
My woorde toe gesluit
Daar’s ‘n beter pad vir my
Ek weet ek moet hier uit
Dis tyd
Dis tyd vir ‘n nuwe begin
Hier en nou
Sonder twyfel, sonder huiwering
Genoeg is genoeg
Hierdie oorlog in my hart is verby
Dis verby
Dis nooit te laat nie, daar's altyd kans
Vir ‘n weer begin
Daar's lig aan die buite kant
Dit lê en wag vir my
Ek weet hierdie dooie vuur in my hart, moet weer nuwe lewe kry
Te lank teen myself baklei
Die waarheid toe gesluit
Daar's ‘n beter pad vir my, ek weet ek moet hier uit
Dis tyd
Dis tyd vir ‘n nuwe begin
Hier en nou
Sonder twyfel, sonder huiwering
Genoeg is genoeg
Hierdie oorlog in my hart is verby
Dis verby
Dis nooit te laat nie, daar's altyd kans
Vir ‘n weer begin
Dis tyd
Dis tyd vir ‘n nuwe begin
Hier en nou
Sonder twyfel, sonder huiwering
Genoeg is genoeg
Hierdie oorlog in my hart is verby
Dis verby
Dis nooit te laat nie, daar's altyd kans
Vir ‘n weer begin
Dis nooit te laat nie, daar's altyd kans
Vir ‘n weer begin