Skatte

Hoekom maak jy somme?
Hoekom tel jy tyd?
Waarby kom
Jou hartklop uit?

En wat is diamante?
As die liefde langer hou
Jy’s meer as dit vir my
En ek’s meer as dit vir jou

Ek onthou
Hoe my hart na jou gesoek het
Hier’s jy nou
Ek’s naby jou

In die goud en silwer van gister se drome kan
Honderde duisende stories van ons bestaan
As jy by my staan gaan die storie aan

In die donkernag het ons skatte gejaag en ons
Harte oor liefde en lewe se reënboog laat gly
Tot ek jou hart kom kry
Die skat in my hart is jy

Kyk hoe val die ure
Om ons harte neer
Die gat in elke oomblik
Waaruit ons iets kan leer

Maar jy’t my geleer
Om net vir nou te lewe
Hier’s jy nou
Ek’s naby jou

In die goud en silwer van gister se drome kan
Honderde duisende stories van ons bestaan
As jy by my staan gaan die storie aan

In die donkernag het ons skatte gejaag en ons
Harte oor liefde en lewe se reënboog laat gly
Tot ek jou hart kom kry
Die skat in my hart is jy

In die donkernag het ons skatte gejaag en ons
Harte oor liefde en lewe se reënboog laat gly
Tot ek jou hart kom kry
Die skat in my hart is jy
Mmm die skat in my hart is jy

Músicas mais populares de Juanita du Plessis

Outros artistas de Country pop