Op Blouberg Se Strand
Die golwe weet waar breek die branders
Hulle dink hulle's vry
Die wolke wentel om die hemel maar
Op die winde moet hul ry
Dis vroeg in die dag
Op Blouberg se strand
Die wind gaan nog waai
Die son gaan nog brand
Maar dis koel in die lang nag
En ons groet die dag
Goeie môre my sonskyn
Goeie môre my kind
Kom ons draf langs die strand
Kom ons ry op die wind
Die sand sal ons skroei
En die strale sal brand
Ooh hoo
Maar dis vroeg in die dag
Op Blouberg se strand
Daar is wit gekalkte huise
En ou Tafelberg
Daar is hengelaars met stok en hoed
Wat vroeg visse terg
My pa sê my kind
Ons moet swart mossels vind
Ons is lief vir die see
Ek is lief vir my kind
Ja dit is koel in die lang nag
En ons groet die dag
Goeie môre my sonskyn
Goeie môre my kind
Kom ons draf langs die strand
Kom ons ry op die wind
Die son sal ons skroei
En die strale sal brand
Ooh hoo
Maar dis vroeg in die dag
Op Blouberg se strand
Goeie môre my sonskyn
Goeie môre my kind
Kom ons draf langs die strand
Kom ons ry op die wind
Die son sal ons skroei
En die strale sal brand
Ooh hoo
Maar dis vroeg in die dag
Op Blouberg se strand