Ons Belofte Aan Mekaar Nashville

Onthou jy nog
Ons belofte
Twee spore
Wat dieselfde pad begin

Die saam besluit om een te wees
Lief te hê en getrou te wees
Met my hand
Styf in joune

Ek wil langs jou lê
Elke môre
Ek wil jou vashou
Elke nag
Onder sterre oor ons drome waak
En saam ons kinders groot te maak
My wens
My laaste wens

Ek wil oud word saam met jou
Ek wil my lewe aan jou wei
Deur elke donker skadu
En hoog bo teen die kranse
Sal ek volg waar jy my lei

Al is daar silwer in jou hare
En jou jare begin wys
Tot die dood ons eendag skei
Sal ek jou lief hê
Ek wil oud word saam met jou

'n Leeftyd
Is nie genoeg nie
En vir ewig
Is te min vir my
Dis 'n eindelose wentelbaan
Ek en jy en 'n lewe saam
Vir nou
En een vir altyd

Ek wil oud word saam met jou
Ek wil my lewe aan jou wei
Deur elke donker skadu
En hoog bo teen die kranse
Sal ek volg waar jy my lei

Al is daar silwer in jou hare
En jou jare begin wys
Tot die dood ons eendag skei
Sal ek jou lief hê
Want ek wil oud word saam met jou

Tot die dood ons eendag skei
Sal ek jou lief hê
Ek wil oud word saam met jou

Músicas mais populares de Juanita du Plessis

Outros artistas de Country pop