Ek Lewe / Hoog Bo Die Wolke / In Die Middel

Ek lewe, gemaak om na liefde te strewe
Op vlerke van vriendskap te swewe
Sonder vrae, sonder sorge

Dag vir dag dreun ritme om my heen
Ek voel die ure vol en tog alleen
Maar jou blik verslaan my vrese, son saffier lag in jou wese
Bring geluk wat lank verlore was

Ek lewe gemaak om na liefde te strewe
Op vlerke van vriendskap te swewe
Sonder vrae oor wat more mag bring

Ek lewe, verstaan net van droom en van vrede
Die vreugde van leef in die hede
En dat ek hier is vir ‘n rede

Daar is ‘n wêreld wat ek jou wil wys
Dit is ‘n hemel en ‘n paradys
Gee my jou hand dan neem ek jou tot daar
Voor jy dit weet word al jou drome waar

Jy het nie vlerke nodig om te vlieg
Dis net die rede wat die hart belieg
Al wat jy hoef te doen is om te glo
Gee my jou hand ek neem jou tot heel bo

Hoog bo die wolke
Is die hemel altyd blou
Hoog bo die wolke
Lyk die toekoms minder grou

In die middel van ‘n droom (In die middel, in die middel)
In die middel van die nag
In die middel van die son (In die middel, in die middel)
Oe in die middel van my wag (In die middel, in die middel)

In die middel van ‘n wysie
In die middel van my smart
In die middel van die end, in die middel van my hart is jy bekend

Al word water wyn
En die wolke groei
Al my liefde vir jou
Kan niemand ooit iets doen

Al skeem dit in die Namid
Al vorm trope ys
My algehele toewyding
Word oor en oor bewys

In die middel van ‘n droom (In die middel, in die middel)
In die middel van die nag
In die middel van die son (In die middel, in die middel)
Oe in die middel van my wag (In die middel, in die middel)

In die middel van ‘n wysie
In die middel van my smart
In die middel van die end, in die middel van my hart is jy bekend

Ek lewe, gemaak om na liefde te strewe
Op vlerke van vriendskap te swewe
Sonder vrae oor wat more mag bring

Ek lewe, verstaan net van droom en van vrede
Die vreugde van leef in die hede
En dat ek hier is vir ‘n rede

Ek lewe

Músicas mais populares de Juanita du Plessis

Outros artistas de Country pop