As Vandag My Laaste Dag Is

Juanita du Plessis

As die son in die oggend opkom
En die wêreld vir my sing
As my hart nog klop hier binne my
Nog 'n dag van lewe bring
Bly ek wonder
Wat as vandag my laaste dag is?

Die lewe maak soms draaie
Wat niemand kan verstaan
Vandag is jy hier, maar as more kom
Is dit dalk tyd om te gaan
En ek wonder
Wat as vandag my laaste dag is?

Ek sal lewe
Dieper liefhê
Elkeen na aan my net 'n rukkie langer vashou
Ek sal vergewe
Tot aan die einde
En met vrede in my hart my oë wil toemaak
As vandag my laaste dag is

Elke uurglas loop tog iewers leeg
Elke lewe het 'n lyn
Het ek genoeg gesê
Het ek genoeg gewys of sal my spore gou verdwyn
Ek bly wonder
Wat as vandag my laaste dag is?

Ek sal lewe
Dieper liefhê
Elkeen na aan my net 'n rukkie langer vashou
Ek sal vergewe
Tot aan die einde
En met vrede in my hart my oë wil toemaak
As vandag my laaste dag is

Elke hartklop, elke asem
Dis net vir my geleen
Elke oggend as ek wakker word
Weet ek dis seën
En ek belowe sag
As dit vandag my laaste dag is

Sal ek sal lewe
Dieper liefhê
Elkeen na aan my net 'n rukkie langer vashou
Ek sal vergewe
Tot aan die einde
En met vrede in my hart my oë wil toemaak
As vandag my laaste dag is
As vandag my laaste dag is
As vandag my laaste dag is

Curiosidades sobre a música As Vandag My Laaste Dag Is de Juanita du Plessis

Quando a música “As Vandag My Laaste Dag Is” foi lançada por Juanita du Plessis?
A música As Vandag My Laaste Dag Is foi lançada em 2014, no álbum “From Nashville”.

Músicas mais populares de Juanita du Plessis

Outros artistas de Country pop