Alles Wat ‘n Kind Wil Hê

Juanita Du Plessis

Waar
Waar kry ek woorde
Om dit te sê?
Hoe kan ek ooit vertel
Wat diep binne lê?

Waar kry ek die woorde
Om dit te sê
Ek kan net sê
Mamma jy is alles
Wat 'n kind wil hê

Met my eerste asemteug
Was jy daar
Jy't my opgetel
As ek val
Jaar na jaar

En teen jou hart het jy my
Vasgehou
Sê ek dit te min
Mamma, dan sê ek dit
Nou vir jou

Jy is die engel aan my sy
Ek sou nooit 'n beter ma kon kry
Soos jy
Liewe mamma
Net soos jy

Nooit voel ek koud en alleen
Jou vlerke is oral om my heen
Want mamma
Jy is alles
Wat 'n kind wil hê

Soms
Is jy nie naby nie
Maar tog
Ook nie vêr nie
Want mamma
Sien ek nie jou glimlag
In elke stêr nie

En elke aand sê ek dankie
Liewe Heer
Vir 'n ma soos myne
Wat my alles
Van die lewe kan leer

Jy is die engel aan my sy
Ek sou nooit 'n beter ma kon kry
Soos jy
Liewe mamma
Net soos jy

Nooit voel ek koud en alleen
Jou vlerke is oral om my heen
Want mamma
Jy is alles
Wat 'n kind wil hê

Waar
Waar kry ek woorde
Om dit te sê
Mamma
Jy is alles
Wat 'n kind wil hê
Ek kan dit sê
Mamma jy is alles
Wat 'n kind wil hê

Curiosidades sobre a música Alles Wat ‘n Kind Wil Hê de Juanita du Plessis

Em quais álbuns a música “Alles Wat ‘n Kind Wil Hê” foi lançada por Juanita du Plessis?
Juanita du Plessis lançou a música nos álbums “Jy Is...” em 2003, “Jy Is” em 2003 e “10 Jaar - Platinum Treffers” em 2010.
De quem é a composição da música “Alles Wat ‘n Kind Wil Hê” de Juanita du Plessis?
A música “Alles Wat ‘n Kind Wil Hê” de Juanita du Plessis foi composta por Juanita Du Plessis.

Músicas mais populares de Juanita du Plessis

Outros artistas de Country pop