Volg die Son

Alles werk nie altyd soos wat jy wil hê dit moet
Somtyds kry jy bitter al het jy gevra vir soet
Die wêreld kan alleen raak en jy voel partykeer klein
Maar met tyd kan als verander en word dit soet soos somerwyn

Lank genoeg het ons terug gestaan
Die lewe by ons verby laat gaan
Laat Sy lig ons harte weer kom lei uit die donker
Ons volg die son

Soms is 'n belofte net die hoop wat jy nog kort
Om te sien wat in jou wegkruip om te wees wat jy moet word
Jy kan vaskyk in die onrus en in die baklеiery
Maar as jy diep in jouself kyk sal jy weer jou vrеde kry

Lank genoeg het ons terug gestaan
Die lewe by ons verby laat gaan
Laat Sy lig ons harte weer kom lei uit die donker
Ons volg die son

En ons weet die wind sal draai
En tot alles bedaar weet jy is nie alleen as die storms om jou waai
En jy weet die son sal jou Ware Noord weer wys
Daar's lig op die horison

Lank genoeg het ons terug gestaan
Die lewe by ons verby laat gaan
Laat Sy lig ons harte weer kom lei uit die donker

Waar ons liefde saai breek die Hemele oop, steek jou hand weer uit kry jou krag van Bo
Laat jou vure brand wees 'n bron van hoop in die donker
Ons volg die son

Músicas mais populares de Jo Black

Outros artistas de Pop rock