Dalk te Laat

Ons los ons drome vir môre
Want môre is nog 'n dag
Ons klou nog aan gister
Asof tyd vir ons wag

Mense se menings
Is ons drome se dood
Hou jou oog op die teiken
En vat net die skoot

Maar ons mis al die ure en tyd gaan verby
Dit is 'n ritme van binne wat by ons sal bly

Haal jou drome uit jou tas
Want die pad lê oop en wag
Moenie wag todat tyd stilstaan nie
Moenie wag tot die dood ons kom haal nie

En dit storm in jou hart
Vir elke droom wat wakker raak
Moenie wag todat tyd stilstaan nie
Moenie wag tot die dood ons kom haal
Môre's dalk te laat

Jy vat nie 'n kans niе
Want jy’s bang jy verloor
Jy wil dit nie waag nie
Want dit voеl net te groot

Want ons mis al die ure en tyd gaan verby
Dit is 'n ritme van binne wat by jou sal bly, sal bly

Haal jou drome uit jou tas
Want die pad lê oop en wag
Moenie wag todat tyd stilstaan nie
Moenie wag tot die dood ons kom haal nie

En dit storm in jou hart
Vir elke droom wat wakker raak
Moenie wag todat tyd stilstaan nie
Moenie wag tot die dood ons kom haal
Môre's dalk te laat

Haal jou drome uit jou tas
Want die pad lê oop en wag
Moenie wag todat tyd stilstaan nie
Moenie wag tot die dood ons kom haal
Môre's dalk te laat

Músicas mais populares de Jo Black

Outros artistas de Pop rock