My Volgende Fout

Vergeet van die lobola
Ek is klaar vir jou 'n bees
Nou laai daai biltong in my Volla
En vat my waar ek graag wil wees

Net 'n twee-rand in my gatsak
Ek vang 'n teddie met 'n ring
O, gooi daai petrol vir 'n honderd
Dit sal ons by die grens mos bring

Ek wil te vroeg, voel weer te vroeg, sê ek is lief vir jou
Ek wil te gou, wil sommer nou
In 'n kerkie op die platteland gaan trou
Kom aan en wees my volgende fout

Kan ons begin, ek wil net in mekaar se arms bly
Ek wil dit hê tot almal sê ons moet s'blief net 'n kamer gaan kry
Oe, want ek het planne met jou
Jy lyk soos my volgende fout

Hierdie keer is dinge anders
Sê ek altyd vir myself
Dit was natuurlik nooit my fout gewees
So die ander kere tel nie

En jy weet my pa sal nee sê
Dis nie hy wat jou moet trou
En as jou mama nie die koek bak
Mmm, Krispy Kreme vir my en jou

Ek wil te vroeg, voel weer te vroeg, sê ek is lief vir jou
Ek wil te gou, wil sommer nou
In 'n kerkie op die platteland gaan trou
Kom aan en wees my volgende fout

Kan ons begin, ek wil net in mekaar se arms bly
Ek wil dit hê tot almal sê ons moet s'blief net 'n kamer gaan kry
Oe, want ek het planne met jou
Jy lyk soos my volgende fout

Dis kinderagtig, soveel alarms
Hy los sy klere op die vloer, maar kyk daai arms
Sy kan nie kos maak, ek kou net klippe
Sy skel my heel en maak teveel maar kyk daai lippe

Ek wil te vroeg, voel weer te vroeg, sê ek is lief vir jou
Ek wil te gou, wil sommer nou
In 'n kerkie op die platteland gaan trou
Kom aan en wees my volgende fout

Kan ons begin, ek wil net in mekaar se arms bly
Ek wil dit hê tot almal sê ons moet s'blief net 'n kamer gaan kry
Oe, want ek het planne met jou
Jy lyk soos my volgende fout (Volgende fout)

Músicas mais populares de Jay

Outros artistas de Pop rock