Baie Van My Vir Net 'N Bietjie Van Jou

Soos die ritme van my hart, is jy in my
In my drome as ek slaap, praat jy met my
Maar soms sien ek hoe jy huiwer, en ek weier om jou te verloor
So sê my waarom jy twyfel, en hoe jy voel, want ek wil dit hoor

En soos my arms om jou vou, bly jy by my
So doen ek alles net vir jou, bly jy by my

Ek wens jy kan net vir my hoor sê dat ek bly die een
Die een wat jy wil hê
Ek gee so baie van my
Vir net 'n bietjie van jou

Soos die asem in my lyf vloei jy, deur my
En al die woorde wat ek skryf gee jy vir my
Maar soms verloor jy jou redes en jou vrede, jy kan dit nie keer
Ek gee soveel van mysef weg, maak dit alles reg en deel in jou seer

En soos my arms om jou vou, bly jy by my
So doen ek alles net vir jou, bly jy by my

Ek wens jy kan net vir my hoor sê dat ek bly die een
Die een wat jy wil hê
Ek gee so baie van my
Vir net 'n bietjie van jou

En ek vra jou weer om jou hart vir my te gee
En jy weet hoe ek oor jou voel, jy weet ons is vir mekaar bedoel

En soos my arms om jou vou, bly jy by my
So doen ek alles net vir jou, bly jy by my

Ek wens jy kan net vir my hoor sê dat ek bly die een
Die een wat jy wil hê
Ek gee so baie van my
Vir net 'n bietjie van jou

Músicas mais populares de Jay

Outros artistas de Pop rock