Meer As Woorde

Soen, jou soen wys my die pad, die pad vir ons gevee waarop ons hand aan hand kan staan
Kyk, jou kyk vat weg my seer, en sonder praatjies weet ek toe dat jy vir my omgee
Woorde is te min om liefde te beskryf

Beloftes was gemaak met hart en mond maar sonder spraak sal liefde altyd jou hart kan raak en wat ons het is meer as woorde
Beloftes word gemaak, met hart en mond maar sonder taal beteken dit niks om daaroor te praat, wat ons het is meer as woorde
Want liefde's akkoorde word deur aksies gebore, dis meer as woorde

Voel, gevoelens tussen ons, jy weet presies net wat ek dink as ek glimlag, as ek frons
Vat, jy vat weg al my smart en met niks gesê verf jy 'n prent met die kleure van my hart
Woorde is te min om liefde te beskryf

Beloftes was gemaak met hart en mond maar sonder spraak sal liefde altyd jou hart kan raak en wat ons het is meer as woorde
Beloftes word gemaak, met hart en mond maar sonder taal beteken dit niks om daaroor te praat, wat ons het is meer as woorde
Want as ek jou soen voel dit net so reg vir my
Woorde is leeg maar aksies kan boekdele skryf

Beloftes was gemaak met hart en mond maar sonder spraak sal liefde altyd 'n hart kan raak, wat ons het is meer as woorde
Beloftes word gemaak, met hart en mond maar sonder taal beteken dit niks om daaroor te praat, wat ons het is meer as woorde
Want liefde's akkoorde word deur aksies gebore
Ja liefde's akkoorde word deur aksies gebore, dis meer as woorde

Músicas mais populares de Irene-Louise Van Wyk

Outros artistas de Middle of the Road (MOR)