Langpad

Franja Du Plessis

Ons gunsteling liedjie speel ons altwee sing die woorde saam
Want ons ken elke reël 'n melodie wat ons verstaan
Onthou jy nog ons jonger dae min het ons gepla
Elke oomblik saam met jou wat ewig bly

Kom saam op die langpad ‘n nuwe dorp ‘n nuwe dag
Kan ek jou saamvat dat ons die dagbreek kan inwag
En onder al die sterre ons hartsgeheime bêre want op ‘n langpad
Saam met jou wil ek nou wees

Steek jou hande uit en laat dit gly deur die wind
Die opgewondenheid dit laat my weer voel soos ‘n kind
En stop vir elke sonsak met ietsie om te drink
Kan ons gou ‘n glasie op die lewe klink

Kom saam op die langpad ‘n nuwe dorp ‘n nuwe dag
Kan ek jou saamvat dat ons die dagbreek kan inwag
En onder al die sterre ons hartsgeheime bêre want op ‘n langpad
Saam met jou wil ek nou wees

Kom ons kom ons klim net in die pad lê voor vir jou en my
Laat dit laat dit weer begin soos die wiele nou begin ry
Ry
Ry

(So kom saam) Kom saam op die langpad ‘n nuwe dorp ‘n nuwe dag
Kan ek jou saamvat dat ons die dagbreek kan inwag
En onder al die sterre ons hartsgeheime bêre want op ‘n langpad
Saam met jou wil ek nou wees

Kom saam op die langpad want sonder jou voel ek alleen

Curiosidades sobre a música Langpad de Franja du Plessis

Quando a música “Langpad” foi lançada por Franja du Plessis?
A música Langpad foi lançada em 2022, no álbum “Los Jou Hart”.
De quem é a composição da música “Langpad” de Franja du Plessis?
A música “Langpad” de Franja du Plessis foi composta por Franja Du Plessis.

Músicas mais populares de Franja du Plessis

Outros artistas de