Neonlig

Ek is nie doodseker nie
Maar ek dink dis nou die sesde of sewende aand in ’n ry
Wat ek myself in ’n koma in gaan suip

Onthou jy daai keer toe ons die tyre moes ruil in die stormreën
En ek binne-in jou was toe die son opkom
Daai somer vakansie by die see

As ek nie optel nie mis my net want ek sal dalk later die motorfiets vat en net ry
Die motorfiets vat en net ry
Weet nie of ek sal terugkyk nie, sal seker moet stop vir petrol
Vir petrol en ’n dop
Ek hoop die tyd
Vee ons heeltemaal uit

Ek’s gebore aan die Ooste-rand in ’n straat wat net soos ander lyk
In die kerkbanke groot geword, anders as jy
Verewig in ’n ry gestaan
Verward, jonk en rigtingloos
Alles aan toeval oorgelaat, nes jy

As ek nie optel nie mis my net want ek sal dalk later die motorfiets vat en net ry
Die motorfiets vat en net ry
Weet nie of ek sal terugkyk nie, sal seker moet stop vir petrol
Vir petrol en ’n dop
Ek hoop die tyd
Vee ons heeltemaal uit

Mekaar gevind onder neonlig
Mekaar gevind onder neonlig
Liggelowiges
Verblind, verbind

As ek nie optel nie mis my net want ek sal dalk later die motorfiets vat en net ry
Die motorfiets vat en net ry
Weet nie of ek sal terugkyk nie, sal seker moet stop vir petrol
Vir petrol en ’n dop
Ek hoop die tyd
Vee ons heeltemaal uit

Curiosidades sobre a música Neonlig de Francois Van Coke

Quando a música “Neonlig” foi lançada por Francois Van Coke?
A música Neonlig foi lançada em 2015, no álbum “Francois van Coke”.

Músicas mais populares de Francois Van Coke

Outros artistas de