As Ek Kon

Karen Zoid, Francois van Coke

Dis koud as jy inkom
Dis koud as jy uitgaan
Ek was daar om te aanskou
Gehuil onder ligte
In 'n vreemde kamer
Ek was daar om jou vas te hou
Ek wil nie maak of ek van beter weet nie
Jy sal self vind
Die wêreld is vol grootpraaters
En kakmaakers, my kind
En as ek kon, het ek jou beskerm
En gewaarsku teen als wat kom

As ek kon
Elke droom bewaar
Elke nagmerrie verdryf
As ek kon het ek jou vry gemaak van elke
Slegte mens se kyk
As ek kon het ek jou vas gehou
Styf vas teen my lyf
As ek kon
Was ek vir altyd daar
Om in jou oë te kyk

Wou altyd weghardloop
Wou altyd ontsnap
Maar ek hoop dat jy sal bly
Jy gaan baie dinge sê
Jy gaan baie dinge hoor
Kom altyd terug na my
Moenie maak of jy van beter weet nie
Jy sal self vind
Die wêreld is vol grootpraaters
En kakmaakers, my kind
En as ek kon het ek jou beskerm
En gewaarsku teen als wat kom

As ek kon
Elke droom bewaar
Elke nagmerrie verdryf
As ek kon het ek jou vry gemaak van elke
Slegte mens se kyk
As ek kon het ek jou vas gehou
Styf vas teen my lyf
As ek kon
Was ek vir altyd daar
Om in jou oë te kyk

As ek kon
Elke droom bewaar
Elke nagmerrie verdryf
As ek kon het ek jou vry gemaak van elke
Slegte mens se kyk
As ek kon het ek jou vas gehou
Styf vas teen my lyf
As ek kon
Was ek vir altyd daar
Om in jou oë te kyk

Curiosidades sobre a música As Ek Kon de Francois Van Coke

Em quais álbuns a música “As Ek Kon” foi lançada por Francois Van Coke?
Francois Van Coke lançou a música nos álbums “Dagdrome In Suburbia” em 2019 e “Unplugged in Kaapstad” em 2020.
De quem é a composição da música “As Ek Kon” de Francois Van Coke?
A música “As Ek Kon” de Francois Van Coke foi composta por Karen Zoid, Francois van Coke.

Músicas mais populares de Francois Van Coke

Outros artistas de