Leon Schuster Keurspel

I don’t give them tickets as you might think because I’m a mini meter maid that will tickle you pink
Ek skud my kop op ‘n boetebessie beat with a bum tiekie bum on a busy city street
Ek het almal baie lief, ek lyk ‘n lekker pop maar hier onder my hemp is ek opgstop
‘n Blom en ‘n rand en ‘n pikkie op haar wang, jy kan smile soos jy wil ek het jou uitgevang

Stop stop, ek is ‘n speedkop
Ek het ‘n pruik op, ek dra ‘n badge ook
Ek sê stop stop, ek is ‘n speedkop
Ek het ‘n book ook, ek doen die opskop

Ek doen die briekdans briekdans briekdans dis die ding
Ek is ‘n Bessie ‘n Boetebessie wat net ‘n bietjie liefde bring
Briekdans briekdans lig my rokkie oor die manne sug
Ek is ‘n Bessie ‘n Boetebessie jy gaan skrik as ek hom hoër lig

Dirty Dancing is die naam van die lat wat die onnies ons ouens mee slaan
Dis ruk en pluk around the clock op die maat van die Dirty Dancing rock
Buk met jou boude boontoe sit jou hande op jou knieë kyk soontoe
En voor hy val toe spring ek op en ons noem dit Dirty Dancing

As ou Barrabas sy blame laat plaas begin ons al te bewe
Likkewaan de Beer skyf heen en weer hy vryf sy agterstewe
Bees de Wit ons vasskop stut is die bangste van die manne
Hy dink aan die slot met sy harde kop teen sy erg gekneeste wange

Bok van Ek bespreek sy plek ek debs net ek buk eerste
As ons so spring staan hy en grin dan’s hy al oor die seerste
Ou Wolf Bredaar is min gepla hy’t ‘n briefie van sy ma af
My seun het ‘n pitsweer op sy boud en hy’s ongeskik vir lyfstraf
Dirty Dancing, Dirty Dancing, Dirty Dancing, Dirty Dancing

Ons is in Warmbad hier in die Noord Transvaal
Ons bly hier in ‘n chalet en my pa betaal
My sussie sit haar ice-cream in die son en lek
En op ‘n trap sit Jannie hy lyk moeg vir die plek
Net ‘n entjie verder hoor hoe skreeu die lewensredder
Dat Jannie nou ‘n slag moet swem

Hy skreeu swem Jannie swem (Swem Jannie swem Jannie)
Swem Jannie swem man swem (Swem Jannie swem Jannie)
Swem Jannie swem man swem (Swem Jannie swem Jannie)
Swem Jannie swem man swem (Swem Jannie swem Jannie)
Swem Jannie swem man swem
Jannie wil nie swem nie

Hy skreeu swem Jannie swem (Swem Jannie swem Jannie)
Swem Jannie swem man swem (Swem Jannie swem Jannie)
Swem Jannie swem man swem (Swem Jannie swem Jannie)
Swem Jannie swem man swem (Swem Jannie swem Jannie)
Swem Jannie swem man swem
Jannie wil nie swem nie

Músicas mais populares de FATMAN

Outros artistas de House music