Nare Kaskenades
Veronderstel
Ek word spyt
En dis als verniet, 'n beroerte wag op my
As ek kon kies sou ek niks besluit
En ek sou dit kies sonder om my oë toe te knyp
Waar's jy dan
Dis waar jy gaan
Bitter min, bitter mooi, sonder trane
Jou hoofstuk voltooi en in die nare kaskenade
Gly jy net verby
Gly jy net verby
Die aardbol respireer, die oseaan tot in vervelens al
Na mekaar gestaar
Blou in die gesig
Lig in die broek
Hart, hard op soek
Waar is jy dan
Dis waar
Jy gaan
Bitter min, bitter mooi, sonder trane
Jou hoofstuk voltooi en in die nare kaskenade
Gly jy net verby
Verveelde ure onder die Afrika-son
Oranje pakke afgeëts in heuwel, die snelweg wat blom
En bitter min, bitter mooi, sonder trane, jou hoofstuk voltooi
En in die nare kaskenade
Gly jy net verby
Gly jy net verby
Gly jy net verby
Gly jy net verby