Doodgewone Aand [Duet]

Die hartseer lê vlak en is yl gesaai
Deur die blare wind verwaai

Ek wapper dapper
Ek wapper dapper
Ek wapper dapper

Sluk jou trane skattebol
Want jy is beter
As die geroesmoes in hierdie plek
Kyk dis amper skemer
Voel die aarde draai in unisoon
Dis oëverblindery
Dit wat jy is, is jy

Ek kul jou hart
Ek kon jou hart voel klop
Deur die spierwit lig
Soos ‘n spierwit lig

Jy weet ons praat nie meer nie
In plaas van droom
Bekommer ons
Ons oor die dood
Ons oor diе dood

Dis die gejaag wat ons naar maak
Te veel al hiеrdie jaar verloor
En ek soek ‘n miljoen rand
Toe ‘n miljoen rand nog ‘n miljoen rand was
‘n Wentelbaan wat draai in unisoon

Ek kul jou hart
Ek kon jou hart voel klop
Deur die spierwit lig
Soos ‘n spierwit lig

Jy weet ons praat nie meer nie
In plaas van dromer
Bekommer ons
Ons oor die dood

Sluk jou trane skattebol
Want jy is beter
As die geroesmoes in hierdie plek
Kyk dis amper skemer

Ek kul jou hart
Ek kon jou hart voel klop
Deur die spierwit lig
Soos ‘n spierwit lig
Soos 'n spierwit lig
(Soos 'n spierwit lig)

Doodnormaal, doodnugter
Doodgewone aand
Doodmoeg, ontnugter
‘n Doodgewone aand

Doodnormaal, ontnugter
Doodgewone aand
Doodnormaal, ontnugter
‘n Doodgewone aand

Doodnormaal, ontnugter
‘n Doodgewone aand

Músicas mais populares de Die Heuwels Fantasties

Outros artistas de