Sing 'n Bietjie

Wie sou weet wie sou dit kon raai
Dat cupid my om sy pinkie draai?
Vinkel koljander vind sy maat
Hy ken die taal wat my hart ook praat

‘n Liefdepyl het my hart getref
Kort voor lank het ek dit besef
Die lewe’s te kort vir doekies vou
Dis nou die tyd om vas te hou

Wat ek het is alles wat ek gee
Om saam met jou van die dakke skree

Sing ‘n bietjie sing ‘n bietjie sing ‘n bietjie hardop
Ooh my hartjie ooh my liefie ooh my hart klop net vir jou
Sal ek klippe kou jy’t my uitgebowl

Ooh my hartjie ooh my liefie ooh my hart klop warm bloed
Lippe soet jy vang my voor die voet

Die lewe’s kort en my lewe’s nou
Ooh my hart dis ‘n uitklop hou
Jy laat my dag die wiele rol
Ek loop weer oor my beker's vol

My matras pas by jou kombers
Vanaand gaan ons met die sterre veg
Ek voel my hart klop disselboom
Dit was nog altyd wat ek wou droom

Wat ek het is alles wat ek gee
Om saam met jou van die dakke skree

Sing ‘n bietjie sing ‘n bietjie sing ‘n bietjie hardop
Ooh my hartjie ooh my liefie ooh my hart klop net vir jou
Sal ek klippe kou jy’t my uitgebowl

Sing ‘n bietjie sing ‘n bietjie sing ‘n bietjie hardop
Ooh my hartjie ooh my liefie ooh my hart klop warm bloed
Lippe soet jy vang my voor die voet

Onvergeetlik hierdie aand is heerlik en my hart is vol vol van jou
Lief vir die lewe en ons lewe vir liefde en my hart is vol my hart loop oor van jou
Vir jou

Sing ‘n bietjie sing ‘n bietjie sing ‘n bietjie hardop
Ooh my hartjie ooh my liefie ooh my hart klop

Sing ‘n bietjie sing ‘n bietjie sing ‘n bietjie hardop
Ooh my hartjie ooh my liefie ooh my hart klop net vir jou
Sal ek klippe kou jy’t my uitgebowl

Sing ‘n bietjie sing ‘n bietjie sing ‘n bietjie hardop
Ooh my hartjie ooh my liefie ooh my hart klop warm bloed
Lippe soet jy vang my voor die voet

Sing ‘n bietjie sing ‘n bietjie sing ‘n bietjie hardop
Ooh my hartjie ooh my liefie ooh my hart klop net vir jou
Sal ek klippe kou jy’t my uitgebowl

Sing ‘n bietjie sing ‘n bietjie sing ‘n bietjie hardop
Ooh my hartjie ooh my liefie ooh my hart klop warm bloed
Lippe soet jy vang my voor die voet

Músicas mais populares de Cordelia

Outros artistas de Dance pop