Solank jy weet

Hou my, hou my by jou
Waar jy gaan sal ek jou omvou
Dra my, dra my in jou hart
As jy val sleep my deur jou smart

En as jy voel asof niemand by jou staan
Voel my hart en fluister weer jou naam

Onthou die wêreld draai net om jou woorde
En die mooi wat jy onthou
En solank jy weet ek's daar
Is ek by jou

En elke aand verskyn jy in my drome
En ek hou jou teen my vas
En onthou die tyd toe jy nog myne was

Vra my, vra my vir my hand
As jy dwaal soek my spore in die sand
Dra my, dra my in jou hart
As jy val sleep my deur jou smart

En as jy voel asof niemand by jou staan
Voel my hart en fluister weer jou naam

Onthou die wêreld draai net om jou woorde
En die mooi wat jy onthou
En solank jy weet ek's daar
Is ek by jou

En elke aand verskyn jy in my drome
En ek hou jou teen my vas
En onthou die tyd toe jy nog myne was

Solank jy weet ek's daar (Solank jy weet ek's daar)
Sal ek jou by my dra
Solank jy weet ek's daar vir altyd

En as jy voel asof niemand by jou staan
Voel my hart en fluister weer jou naam

Onthou die wêreld draai net om jou woorde
En die mooi wat jy onthou
En solank jy weet ek's daar
Is ek by jou

En elke aand verskyn jy in my drome
En ek hou jou teen my vas
En onthou die tyd toe jy nog myne was
En onthou die tyd toe jy nog myne was

Músicas mais populares de Chane Valentine

Outros artistas de Middle of the Road (MOR)