Oor Begin
Ek het my drome, woorde en alles op jou verloor
My hart is in skerwe as ek nog moet wag om van jou te hoor
My wense en vrese draai in die hede net jou
Maar ek sal my toe wei, my hart aan jou bely, dis my belofte aan jou
So trek my nader aan jou
Ek dra my hart op my mou
Kan ons maar weer oor begin?
Oor begin, oor begin
Vat my weer terug na die begin
Die begin, ek wil meer van jou hê
Ek wens tyd kon stil staan of ek kon nog terug gaan na waar ons paaie gekruis het
Want elke sekonde genees al die wonde wat ek het
Al hierdie mure wat ek om my bou, het jy afgebreek
Jy kry dit reg om al hierdie voute een vir een te versteek
So trek my nader aan jou
Ek dra my hart op my mou
Kan ons maar weer oor begin?
Oor begin, oor begin
Vat my weer terug na die begin
Die begin, ek wil meer tyd saam jou hê
Kan ons maar weer oor begin?
Begin, begin
Vat my weer terug na die begin
Begin, begin
Kan ons maar weer oor begin?
Begin, begin
Vat my weer terug na die begin
Begin, begin
Kan ons maar weer oor begin?
Oor begin, oor begin
Vat my weer terug na die begin
Die begin, ek wil meer tyd saam jou hê