Hillbrow

Ou man sit by die straatkafee
En kyk al die mense loop heen-en-weer
Boemelaars raas by die Wimpy Bar
Fontana is oop tot laat in die aand
Kaalvoet kinders in die straat
Wys parkeerplek aan
En hou dan die hand hou dan die hand hou oop die hand

En gee, gee, gee
Gee, gee, gee
Jou sente, jou drome, jou klere vol gate gee jou hart vir Hillbrow
Ja, gee jou hart vir Hillbrow

In Quartzstraat hoor ek 'n meisie my roep
Daar's 'n Hare Krishna wat vra wat ek soek
En ken ek vir Jesus, vra 'n man op die stoep
Tussen Hillbrow Records en Estoril Books
En dis lank na twaalfuur
En die Hillbrow toring stuur
Sy sein in die nag, sy sein in die nag, sy sein vir die junkies wat wag

O en gee, gee, gee
Gee, gee, gee
Jou sente, jou drome, jou toekoms vol gate, gee jou hart vir Hillbrow
Ja, gee jou hart vir Hillbrow

En die ligte gaan aan
In die Chelsea Hotel
En stemme en musiek klink uit elke woonstel en ons sit in die son en drink wyn
En ons survive met 'n helse lot pyn in hierdie land
Kom ons drink op die een wat sy drome oorleef op die een wat kry wat hy vra

En gee, gee, gee
Gee, gee, gee
Jou sente, jou drome, jou toekoms vol gate, gee jou hart vir Hillbrow
Ja, gee jou hart vir Hillbrow

Komaan gee jou hart vir Hillbrow

Músicas mais populares de Tasché

Outros artistas de Middle of the Road (MOR)