Mag Ek Dan by Jou
As die oorlog kom en as ek dan moet skuil
Mag ek dan by jou?
As ek als moet verloor
En almal wat ek lief het
Mag ek dan by jou?
As hierdie wêreld vir my keer onregverdig in beheer
Mag ek dan by jou?
En as ek iets moet wees
Wat ek nooit wil wees nie
Mag ek dan by jou?
Mag ek dan by jou skuil
As ek nêrens anders kan?
En as ek moet huil
Droog jy my trane dan
Want as ek by jou mag
Mag jy altyd by my
Kom wanneer jy wil
In liefde is ons vry
As die weerlig donder en ek is bang
Mag ek dan by jou?
As die gevaar van die nag swaar op my loop te donker
Mag ek dan by jou?
En as die lente blom en ek verlang
Mag ek dan by jou?
En as die liefde kom en ons is seker
Mag ek dan by jou?
Mag ek dan by jou skuil
As ek nêrens anders kan?
En as ek moet huil
Droog jy my trane dan
Want as ek by jou mag
Mag jy altyd by my
Kom wanneer jy wil
In liefde is ons vry
Mag ek dan by jou skuil
As ek nêrens anders kan?
En as ek moet huil
Droog jy my trane dan
Want as ek by jou mag
Mag jy altyd by my
Kom wanneer jy wil
In liefde is ons vry
As die einde kom
En ek wil nie gaan nie
Mag ek dan by jou?
En as die einde kom
En ek alleen is
Mag ek dan by jou?