Die Kind
Voor my hierdie oë
Elke oogknip vat jou te lank weg
Voor my hierdie mond
Wat woorde deur my hart kan vleg
En as jy my sou blinddoek
Sou ek weet wie hier voor my staan
As die wonderlus jou kom versoek sal my wêreld sonder jou vergaan
Sonder jou vergaan
Voor my hierdie neus
Wat sag moet raak as ek wil weet
Hoe dit voel om jou in te asem
En 'n oomblik binne my te leef
Voor my hierdie kind
'n Kiekie waar ek myself droom
In 'n tyd toe ek soos jy jonk was en 'n appel naby aan 'n boom
Naby aan 'n boom
Voor my hierdie kruis
Van hande wat ek moet laat gaan
En eendag in jou eie huis
Die kind in jou moet leer
Verstaan
Die kind in jou moet leer verstaan
Die kind in jou moet leer verstaan
Die kind in jou moet leer verstaan