Suid-Afrika
Sien die klip, sien die bos van Karoo
Van pretensie en hoogmoed beroof
Dis net jou kop wat daar raas net jou voete wat kraak, ja die stilte ontblood jou jy's naak
Het jy al geloop langs die kus?
Het haar golwe jou drome gewis?
Het haar skoonheid jou asem gesteel die getye aan durf met jou gedeel?
Het jy al gehoor hoe die berge klink?
As strome van see deur sy wange loop
Het jy al gesien hoe die rante blink?
O daar's baie hoop
My lied sal klink vir jou Suid-Afrika
Jou skoonheid straal o mooi is Suid-Afrika
Ek sal antwoord op jou roepstem
Ek sal offer vir wat jy vra
Seën ons Here, God seën Suid-Afrika
Voel die mag voel jy die trots
Van die maanhaar daar onder die bos?
Dis die nag se geluide gekneter van vee
O die bosveld groei op my soos mos
Het jy al gehoor hoe die weerligte skree
As die wolke die veld betree?
Het jy al gehoor hoe ons saam kan sing?
O daar's baie hoop
My lied sal klink vir jou Suid-Afrika
Jou skoonheid straal o mooi is Suid-Afrika
Ek sal antwoord op jou roepstem
Ek sal offer vir wat jy vra
Seën ons Here, God seën Suid-Afrika
My lied sal klink vir jou Suid-Afrika
Jou skoonheid straal o mooi is Suid-Afrika
My lied sal klink vir jou Suid-Afrika
Jou skoonheid straal o mooi is Suid-Afrika
Ek sal antwoord op jou roepstem
Ek sal offer vir wat jy vra
Seën ons Here, God seën Suid-Afrika