Wals, Pt. 2
Katheryn wil jy wals
Almal het om jou verdwyn
En die klop in jou bors weergalm
Oor die kranse van my brein
Gee my een verdomde kans
Om ons nog saam hier uit te kry
Hou jou hande op
Die skemer steek jou nog weg
Draai jou lyfie om
Die aarde sal om jou breek
Die einde kan maar kom
Here ek voel ’n veer
Draai jou lyfie om
Die aarde sal om jou breek
Die einde kan maar kom
Here ek voel ’n veer
Hy staan stil vir een sekonde
Mama kyk na my wonde
Dis die wonder hier my kind
Jy mag net so dink maar baie meer dit al
Baie meer