Verlanger
Hey daar my broer
Jy’t probeer maar nou’s jy dood
Wat bly oor?
As ons loop
Jou bliksemlig slaan
Vir oulaas vanaand op die sand
En ek voel nog jou syn
Ons is almal nog lief vir jou
Ons het agter gebly
Ek probeer net onthou
Of ek iets was vir jou
Voor die vlug
Hey Gerrit Brand
Jou seun is nou 'n man
Ons het vanaand op hom gedrink
Daar’s iets in sy oë
Wat ek al hoe meer glo
Is jy
Net daar waar sy val
Dryf sy rustig onbewus van die branders
Teen die dam wal of hoe dit storm teen die rand
Die golwe van haar duikslag tref onverwags die strand
In 'n warrel vet en vuur, water spoel en mure van
Ons hemel huisie moer toe soos die steeltjies in die sand
Hey Danie, jy moet jou gaan uitleef
Jy dink jy verdwaal
Maar ons kan net een rigting val