Seer
Is jy seergemaak?
Kyk hoe lig my klere op as ek aan jou raak
Moes jy leer uit my?
Wat het jy gevat?
Want daar’s iets weg
Soos jy
Al hierdie mense sê
Ek is dood
En al is dit so
Voel ek jou binne my
Jy’t die venster gebreek
Jy’t jou flits ingesteek
Is dit te laat om te kom
Ek draai al ure lank in diie kamer om
En jy my begrawe hier?
In daai uitgeskryfde
In daai opgevoude hart
Al hierdie mense sê
Ek is dood
En al is dit so
Voel ek jou binne my
Jy’t die venster gebreek
Jy’t jou flits ingesteek
Ek hoor hoe jy op my loop
Deur die klei
Ses voet van my
Ek weet dat jy ook nog soek
Jy’t die kis oopgebreek
Jy’t jou hand ingesteek