Foto
Neem ’n foto nou
O die weer kom vanaand
Soos ’n beer oor die berg
Hou die lappe bo jou
Jy’s al weer in jou troebeltyd
Toe ek sweer ek wou jou betyds hier uit kry
Kan jy nou sien my vyand
Stuur vuur na my hart
En ek het gesê ek kan nie brand nie, ek vonk
Ek vonk net
Sê vir hulle jy bly
Na vir vier jaar by my
In die vuur na by my
Hou die lappe bo jou
Jy's al weer in jou troebeltyd
Toe ek sweer ek wou jou betyds hier uit kry
Kan jy nou sien my vyand
Stuur vuur na my hart
En ek het gesê ek kan nie brand nie ek vonk
Vonk net