Die Windpomp

Dis van nêrens op die vlaktes van vergetelheid
Staan 'n windpomp hoopvol en draai en draai
Hy wag vir die winde van verandering
Wat hoopvol oor die blouste berge sal kom waai

Soveel jare staan hy hier in wind en weer
En hy ken als van die eensaamheid wat ure gee
Hy weet elke jaar as die reën kom val
Dan rus hy tot dit droog word op Genadendal

Windpomp sing jou liedjie as jy draai in die wind
Toe jy hier kom staan het was my pa nog 'n kind
Jou damwal was my preekstoel as die wêreld voor my staan
Jou ysterleer my boontjierank wat tot in die Hemel gaan

As die stiltes van die nag om jou kom toevou
En jy eensaam oor die vlaktes staan en waghou
En jy delf in die water-are diep in neer
Om alles wat so droog is weer 'n kans te gee

Windpomp sing jou liedjie as jy draai in die wind
Toe jy hier kom staan het was my pa nog 'n kind
Jou damwal was my preekstoel as die wêreld voor my staan
Jou ysterleer my boontjierank wat tot in die Hemel gaan

Windpomp sing jou liedjie as jy draai in die wind
Toe jy hier kom staan het was my pa nog 'n kind
Jou damwal was my preekstoel as die wêreld voor my staan
Jou ysterleer my boontjierank wat tot in die Hemel gaan

Tot ek eendag oud word sal ek hier
By jou kom staan

Músicas mais populares de Sarah Theron

Outros artistas de Middle of the Road (MOR)