Vordat ek 'n mens was

(Nog lank voor ek gebore is, het U my al geken)
(My inmekaar geweef, beplan, gedroom, geweet waarmee ek U sou dien)
(Laat dit dan so wees Heer, dat ek U lof besing, my lewenstaak tot uitvoer bring terwyl ek kan)

Nog voor dat ek 'n mens was het U vir my geweet
Al my lewensdae reeds afgemeet
My volmaak geskep, elke spier, elke sel
Elke haar van my hoof is getel

Oral waar ek kaan, daar vind ek U
U weet selfs of ek ry en of ek hier bly
Elke woord op my tong, elke gedagte van my
In alles en oor alles is Hy

(Ek wil sing van al U goeheid, vir almal wat wil hoor)
(En Vader, met al U krag hulle aanraak, voedsel vir hulle siele vat)
(Laat my praat oor troos en vrede en laat my sing van U groot hart)
(U wat was in ons verlede, U loop saam more se pad)

Grote God ek sal U loof en ek wil U Naam bely
Want U Grootheid oorweldig my
U Grootheid oorweldig my

U is omdat U is
Ek is omdat U daar is
Alles is deur Hom en vir Hom geskep
En niks word toevallig ontdek
Ja alles is deur Hom en vir Hom geskep
En niks word toevallig ontdek

Grote God ek sal U loof en ek wil U Naam bely
Want U Grootheid oorweldig my
U Grootheid oorweldig my

(U omsluit my van alle kante)
(U neem my in besit)
(Die wete oorweldig my, dit is te hoog vir my begrip)
(Deurgrond my o God, deurgrond my hart, ondersoek my, sien tog my onrus raak)
(Kyk of ek nie op die verkeerde pad is nie, en lei my op die beproefde pad)

Curiosidades sobre a música Vordat ek 'n mens was de Rina Hugo

Quando a música “Vordat ek 'n mens was” foi lançada por Rina Hugo?
A música Vordat ek 'n mens was foi lançada em 2012, no álbum “Ek Sing Vir Hom”.

Músicas mais populares de Rina Hugo

Outros artistas de Middle of the Road (MOR)