Droomvrou

Jy sê jy soek al jare lank na haar
Met ‘n honger hart wat net nie wil bedaar nie
En sy't jou wakker wêreld skoon deurmekaar gemaak
En toe droom jy haar sowaar in droomland raak

Nou luister hier want ek het nuus vir jou
Net soos jy droom ek ook van ‘n spesiale ou
Maar ek wens ek het geweet wat om te maak
Want hierdie ou sien my dan nie eens raak nie

So sing nou maar daai liedjie net vir jou droomvrou
En ek hoop dat jy ook darem van my hou
En wanneer jy dit sing moet jy onthou droomou
Dat ek al ook moeg gewag is net vir jou

As jy tog maar net soms na my wou kyk
Want ek wonder nogal somtyds hoe jou oë lyk?
Ek ken al lank die kurwes van jou vlees
En ek droom oor die warm van jou gees

So sing daai liedjie net vir jou droomvrou
En ek hoop dat jy ook darem van my hou
En wanneer jy dit sing moet jy onthou droomou
Dat ek al ook moeg gewag is net vir jou

Net nou die aand toe kyk jy baie snaaks na my
En ek moet êrken ek was nogal verbaas en gevlei
Want ek het nooit verwag dat jy eens dit vir my sou sê nie
Dat jy eintlik al die tyd vir my wou hê nie

So sing daai liedjie net vir jou droomvrou
Want ek weet tog dat ek baie van jou hou
En wanneer jy dit sing moet jy onthou droomou
Dat ek jare lank gewag het net vir jou

So sing daai liedjie net vir jou droomvrou
Want ek weet al dat ek baie van jou hou
En wanneer jy dit sing moet jy onthou droomou
Dat ek jare lank gewag het net vir jou

Curiosidades sobre a música Droomvrou de Rina Hugo

Quando a música “Droomvrou” foi lançada por Rina Hugo?
A música Droomvrou foi lançada em 2009, no álbum “J'taime On Amour”.

Músicas mais populares de Rina Hugo

Outros artistas de Middle of the Road (MOR)