Nogsteeds So Lief - Die Krake Op Sy Hande

Elke oggend
'n Klein bietjie na vyf
Stap hul die padjie
Arms om die lyf

Vyftig jare lank
Sonder om 'n woord te sê
Word daar vir ons gewys
Hoe ons lief moet hê

En al die krake in sy hande kan die langste stories praat
En dit vertel vir alle van sy mooiste lewensmaat
Al soveel jare
Maar hy bly staan, want hy's nogsteeds so lief vir haar

In die aande
Dra sy koffie aan
'n Soen, 'n dankie
En ek's lief vir jou my man

Elke lag plooi wys
Vreugde deur die goed en sleg
Ken jy ware liefde sê my of gooi ons dit net weg?

En al die krakies om haar oë kan die langste stories praat
En dit vertel vir alle van haar mooiste lewensmaat
Al soveel jare
Maar sy bly staan, want hy's nogsteeds die een haar

En al die krakies deur die jare maak al lankal nie meer saak
En dis net ware liefde wat twee harte een kan maak
Vir ewig daar
Vir altyd ja, tot die einde van hul dae

Elke oggend
'n Klein bietjie na vyf
Stap hy die padjie
Met 'n foto van sy bruid

Hy smile vir haar
Al is sy nie meer daar
Want hy's nog steeds so lief vir haar

Curiosidades sobre a música Nogsteeds So Lief - Die Krake Op Sy Hande de Ricus Nel

Quando a música “Nogsteeds So Lief - Die Krake Op Sy Hande” foi lançada por Ricus Nel?
A música Nogsteeds So Lief - Die Krake Op Sy Hande foi lançada em 2013, no álbum “Sout Van Die Aarde”.

Músicas mais populares de Ricus Nel

Outros artistas de Middle of the Road (MOR)