Beskerm-engel

As die mure om jou klein raak
En daar stil wees by jou nes maak
Wanneer niemand hul oor jou traak
Weet dat ek altyd oor jou waak

As jy alleen is, dans met my
As jy onseker is, vra vir my
As jy moeg is rus by my, as jy bly is lag vir my
En as jy eendag reg is, kom na my

As die golwe om jou hoog raak
En jou skuit se bodem oop kraak
En as bang wees aan jou siel raak
Weet dat ek altyd oor jou waak

As jy alleen is, dans met my
As jy onseker is, vra vir my
As jy moeg is rus by my, as jy bly is lag vir my
En as jy eendag reg is, kom na my

As jou tree begin kort raak
En jou lewensjare lank raak
As mooi herinnerings jou vol maak
Sal ek jou nog myne maak

As jy alleen is, dans met my
As jy onseker is, vra vir my
As jy moeg is rus by my, as jy bly is lag vir my
En as jy eendag reg is, kom na my
En as jy eendag reg is, kom na my

Curiosidades sobre a música Beskerm-engel de Ricus Nel

Quando a música “Beskerm-engel” foi lançada por Ricus Nel?
A música Beskerm-engel foi lançada em 2013, no álbum “Sout Van Die Aarde”.

Músicas mais populares de Ricus Nel

Outros artistas de Middle of the Road (MOR)